Wednesday, 2 May 2012
dissipline in skole
Na 'n onlangse proeftydperk het ek opgemerk hoe onderwysers die leerders wat moeilikheid in die klas veroorsaak behandel het en voel dat hulle soms verantwoordelik gehou kan word vir hoe leerders uitdraai en vorentoe in die klasse gaan optree veral by die spesifieke onderwyser wat die kind so behandel het. Ek stem verseker saam dat leerders gestraf moet word maar dat dit op 'n ordentlike en toepaslike manier moet plaasvind. Meeste van die onderwysers jaag 'n leerder uit sy/haar klas en sê dat die leerder na die hoof moet gaan maar eintlik is die onderwyser verantwoordelik om self die probleem op te los. Om 'n leerder uit te jaag gee vir hulle rede om rond te loop en ek het dit self ervaar dat die een leerder wel na die hoof gegaan het maar ander sake met hom bespreek het en geen melding gemaak het daarvan dat hy eintlik daar is omdat hy dit vir die onderwyser moeilik gemaak het om klas te gee nie en die res van die leerders ontwrig het nie. Ek sou sê dat daar beter maniere is om die probleem op te los.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Dissipline in skole is 'n hedendaagse probleem, maar eerstens begin dissipline in die ouerhuis. Studente behoort prakties voorberei te word hoe om leerders in klasverband te hanteer. Onderwysers wat kinders met respek behandel, sal dieselfde respek terug ontvang vanaf die leerders
ReplyDeleteJa ek stem saam met Eileen, maar waar moet hulle leer as hulle ouers werk van 7 tot 7 om te betaal vir hulle? Daar is gese dat die kinders meer tyd saam met onderwysers spandeer as hulle ouers so dis dalk die enigste geleentheid wat jy het om daardie manier te leer vir hom/haar.
ReplyDeleteOuers vertrou die onderwyser met hulle kinders en ek dink tog dat ons daardie vertroue moet gebruik om kinders maniere ook te leer.
Ek stem saam met Eileen, want ek dink nie onderwysers kan leerders so goed opvoed soos wat hulle deur hulle ouers sou kon word nie aangesien opvoeding van kleuterdae moet begin. Dit is wel 'n probleem deurdat ouers deesdae meer tyd by hulle werksplekke deurbring as by die huis saam kinders, maar ek dink nogsteeds hulle moet die mate van respek op hulle kinders afdwing. Dis slegs basiese maniere en indien die ouers tyd saam hulle kinders het moet hulle dit nie sien as slegs tyd saam hulle kinders en die dissipline oorsien nie. Daar moet elke oomblik moontlik aandag van die ouers af wees om vir hulle kinders die basiese opvoeding en maniere se fondasies vas te lê. Alhoewel dit 'n baie groot probleem in skole is, moet onderwysers dit dus reg hanteer, want sommige kere word onderwysers net ongeduldig met leerders, maar neem nie werklik hulle omstandighede in ag nie. Daar is altyd korrekte maniere om leerders te hanteer en respek af te dwing, ons as onderwysers moet dit net besef en so toepas.
ReplyDeleteOns as onderwysers het 'n verantwoordelikheid vir die opvoeding van leerders, maar ons moet die keuse maak en besluit of ons 'n reg het om as "ouer" op te tree by die skool en of ons die onderwyser is.
ReplyDeleteooohooo, ek kan net vir julle byvoeg deur my ervaring as proef student dit vir my skokkend was wat voor gekom het. die ouers by die huise maak dit ondraaglik vir 'n onderwyser deurdat hulle die kinders by die huis leer om die onderwyser uit te lok om iets verkeerd te doen net om die blote feit om 'n bietjie sensasie en bietjie geld te wen in 'n hof... bygese as die kind dit nou vasgevang het op sy selfoon.
ReplyDeletedan het ek elke liewe straf probeer, van uitjaag, by sy eie tafel skuif ag even hoof toe gestuur.
ek het by die volgende oplossing uitgekom, prys die kinders wat goed doen en gee hulle die rewards, bv. 'n lollie. die vrotappels kom gou genoeg agter dat hulle nie meer so cool is nie en stop gou hul nonsens. dan wil ek net ook se, onthou dat Godsdiens 'n bitter baie belangrike rol speel. kinders moet geleer word dat die Here respek wil sien.
Daar is nie iets soos 'n probleem kind nie, gewoonlik lê die probleem by die ouerhuis, indien die onderwyser die probleem kan raaksien sal hy met 'n ander mens werk. Daar was so 'n geval by die skool waar ek was, die meisie het nie haar huiswerk gedoen nie. Dag na dag het sy moeilikheid daaroor gekry tot en met oueraand toe haar ouers nie opdaag nie, dit was die omkeerpunt. Die meisie se pa het haar konstant verkrag en uitgeleen aan sy vriende. Sy kon nie langer in die huis bly nie en het haar goed gepak sy bly onder 'n brug en slaap op kartonne.
ReplyDeleteDit laat mens weer dink oor die saak van dissipline...
Groete Die Skim
Lizaan, jy bring 'n baie waar aspek in die gesprek. Ek dink die belangrikheid van Godsdiens sal baie meer probleme as net dissipline aanspreek en ek dink as dit nie die belangrikste fokus in 'n skool is nie, sal die skool nie op die vlak wees wat dit kan wees nie.
ReplyDelete